Brandstof steeds genoeg vir die Vrystaat

2011-07-15 09:01
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Terwyl petrolpompe landwyd vinnig leeg raak, het die Vrystaat nog oorgenoeg brandstof.

Talle vulstasies op plekke elders in die land het nie meer ’n druppel brandstof nie weens die staking van die vakbond Chemical, Energy, Paper, Printing, Wood and Allied Workers’ Union (Ceppwawu).

Die vakbonde Ceppwawu, Giwusa en Sacwu eis ’n verhoging van tussen 11% en 13%, terwyl werkgewers tussen 4% en 7% aanbied.

Daar is tans glo geen onderhandelings tussen die twee partye nie.

Ben Deysel, eienaar van die Harrismith Truckstop en voorsitter van die AHI se provinsiale raad, sê nog niks probleme is aangemeld nie.

“Die probleme word meer ondervind in groot stede waar die vlak van intimidasie van stakende vakbondlede baie hoër is as hier.

“Nog ’n belangrike rede waarom ons brandstof het, is omdat baie van die Vrystaatse depots private kontrakteurs gebruik.”

Deysel sê die provinsie sal eers begin om probleme te ondervind wanneer die voorraad by die depots min raak.

“Maar selfs dan kan mense gerus wees omdat die meeste van die depots hier ook van private vervoerkontrakteurs gebruik maak.”

Werknemers of eienaars by vulstasies in Bloemfontein, Springfontein, Ladybrand, Welkom en Bethlehem met wie Volksblad gepraat het, het almal bevestig daar is nog brandstof.

Intussen het Peter Noke, nasionale direkteur van die Suid-Afrikaanse Petroleum-kleinhandelaarsvereniging, ’n beroep op stakende werkers gedoen om die nywerheidsaksie op te los en aan die belang van die land te begin dink.

“Vakbonde sukkel om hul lede te beheer.

“Werknemers wil dinge moeilik maak omdat hulle werkgewers wil dwing om aan hul vereistes te voldoen. Hier is ’n kultuur van wanorde in ons land die oomblik wanneer ’n staking begin.”

Sowat 70 000 werkers in die petroleumsektor het verlede week begin staak.

- Volksblad

Lees meer oor: stakings  |  ceppwawu  |  petrol  |  brandstof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.