Brandskade in Vrystaat beloop R60 milj.
2011-08-26 11:01
Noordwes – Vrystaat Landbou het gesê die voorlopige beraming van skade wat deur veldbrande in die Vrystaat veroorsaak is, staan op R60 miljoen.
Drie mense is dood en 17 beseer, terwyl 600 skape, 34 beeste en 12 volstruise doodgebrand het. Meer as 117 000 hektaar weiding het reeds sedert die begin van die veldbrandseisoen afgebrand.
Jack Armour, Vrystraat Landbou se hoof van rampbestuur, het 'n oproep om bystand gedoen vir boere wat groot skade gelei het.
Armour het gesê sommige boere het alles verloor en voerbanke is opgebou waaruit voer aan boere verskaf kan word wat hulp nodig het.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter