Brandplankryer red skoolseuns uit see
2010-12-03 13:01
Port Alfred – Twee seuns wat op ‘n skooltoer was, is in Port Alfred gered nadat hulle byna verdrink het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Donderdag gesê.
“Die seuns, onderskeidelik 13 en 14 jaar oud, het in die see geswem toe sterk seestrome hulle ingetrek het,” het Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, gesê.
“Met ons aankoms op die toneel was beide seuns veilig op die strand. ‘n Branderplankryer en swemmer het tot hul redding gekom,” het Lambinon gesê.
Die seuns is op die toneel gestabiliseer en na die hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA