Brandpad ruk handuit op wynplaas

2010-01-23 11:44
Tweets Share Share line Print

Ilse Krige

Worcester - Terwyl sy wingerd brand, moes ’n boer van die Slanghoekvallei naby Rawsonville van werknemers van CapeNature hoor daar “het ’n foutjie gekom”.

Pieter Hugo van Hugoskraal het gesê daar het verlede Maandag rondom 12:00 “so ’n rokie begin trek” op een van sy plase, Witelsrivier, wat aan die Bainskloofberge grens.

“Ek en my seun, Pietman, het onmiddellik soontoe gegaan. Dit is tóé dat daar ’n bakkie met twee manne aankom. Dié sê toe hulle is van Natuurbewaring en hulle het met ’n masjien gewerk wat ’n vonk gemaak het. En dit is dié ‘foutjie’ wat R150 000 se wingerdplante geëis het.”

Hugo het gesê dit is net die verlore cabernet sauvignon-oes wat die grootste skade is nie.

“Ek moet die wingerd nou uithaal en dit sou nog ’n goeie tien jaar se leeftyd oorhê. Dan praat ons van skade nader aan R2 miljoen,” het hy gesê.

Hugo het vertel Deon Rossouw, bewaringsbestuurder van die Limietberg-natuurreservaat, het aan hom bevestig sy mense was wel in die berg en hulle het in daardie tyd aan brandpaaie in die omgewing gewerk.

By navraag aan Rossouw, wat dié dag op die plaas opgedaag het toe die helikopters ontbied is om die vlamme te blus, het Rossouw Die Burger na Peter Viljoen, bestuurder van wateropvangs, verwys.

Hy het Die Burger weer na Marietjie Engelbrecht, kommunikasiebestuurder van CapeNature, verwys.

Haar enigste opmerking was: “Ongelukkig is ons tans besig met ’n interne ondersoek en kan geen kommentaar lewer oor die brand voordat dit (die ondersoek) afgehandel is nie.”

Hugo het gesê CapeNature behandel hom skielik asof hý die skuldige is.

“Peter Viljoen het my vandag (gister) gebel en gesê ek moet geduldig wees. En ook dat ek vir my ’n prokureur moet kry.

“Ek sou darem meer tegemoetkomendheid van hulle kant af verwag het. Hulle het nie toestemming gehad om op my grond te wees nie.

“Natuurbewaring behoort van beter te weet as om hierdie tyd van die jaar in die berge te werk met apparate wat vonke kan veroorsaak.”

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: brande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SêNet sê... Geen skande vir hulle nie. Dis hulle kultuur om te teel en te steel Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PL/SQL Oracle Developer

Midrand
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

HONDA

Civic 1.8 LXi AT
2010
R 174,950.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 AC Base Utility MY10 PU
2011
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.