Brand woed by Durban-prokureursfirma
2010-08-10 09:36
Johannesburg – Brandweermanne het Dinsdag gewroeg om ‘n brand wat by ‘n prokureursfirma in Durban uitgebreek het te blus, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
“Paramedici en eThakwini Metro-brandweermanne het toegang tot die kantoorblok gekry wat aan die prokureursfirma behoort,” het Jeff Wicks van Netcare 911 gesê.
“Die brand woed in die blok en alhoewel rookkolomme by die gebou uitkom is geen vlamme van buite sigbaar nie.”
Geen beserings is aangemeld nie.
Geen verdere besonderhede is nog beskikbaar nie, het Wicks gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA