Brand verwoes regeringsgebou
2011-06-24 23:01
Johannesburg – ‘n Regeringsgebou in Makapanstad in die
Noordwes is tydens ‘n brand verwoes, het die polisie gesê.
Brigadier Thulani Ngubane sê die Moretele Pard
se plaaslike munisipaliteitsgebou het om vieruur Vrydagmiddag begin brand,
skynbaar as gevolg van ‘n nabye veldbrand.
Die brand was vermoedelik aangevuur deur die
droë gras en ou bande wat om die gebou was.
Die gebou is in 2004 gebou en was as ‘n
stoorkamer gebruik.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA