Brand vernietig groot deel van Agulhaspark

2009-12-30 06:46
Tweets Share Share line Print

Maygene de Wee

Kaap Agulhaspark - Byna twee derdes van die Kaap Agulhaspark het in die slag gebly in die vernietigende brand wat Donderdag bokant die dorpie Buffeljagsbaai naby Die Dam-vakansiegebied uitgebreek het.

“Dis amper 14 000 ha grond,” het Etienne Fourie, bestuurder van die park, gister gesê.

Volgens hom beslaan die park sowat 21 000 ha. “Wanneer die veld weer gaan herstel, weet ek nie.”

Gister was slegs die reuk van rook, asvaal sand, bome wat tot in hul wortels gebrand het en uitgebrande grensdrade die stille ge­tuies van dié verwoesting.

Elders in die Overberg het verskeie brande gister steeds gewoed en het spanne brandslaners geswoeg om die vlamme onder beheer te bring.

G.W. Hermanus, munisipale bestuurder van die Overberg-distriksmunisipaliteit, het gesê die plaaswerker wat Saterdag in die hospitaal opgeneem is nadat hy erge brandwonde opgedoen het, het aan sy beserings gesterf.

John Europa (65) van die plaas Springfield het dié naweek gehelp om die brande se blus.

Op die plaas Buffelsjacht het Danel Strydom gesê hul inkomste is daarmee heen. “Ons het al Donderdagmiddag begin om vlamme hier langs die pad dood te slaan, maar dit het nie gehelp nie.”

Op die plase Bergplaas, Rietfontein, Ratelfontein en Springfield – almal deel van die Kaap Agulhaspark – het die veld gister nog plek-plek gebrand. By Pearly Beach het die brand omstreeks 15:00 weer opgevlam.

Riaan Jacobs, hoof van die Overstrand-munisipaliteit se brandweerdiens, het gesê dis ’n “binnekol” wat opgevlam het. “Daar is niemand in gevaar nie en ons het die brand onder beheer.”

By Hawston is vier helikopters ingespan nadat ’n veldbrand Maandagaand teen die berghange uitgebreek het. Jacobs het gesê hulle gebruik twee Oryx-helikopters van die lugmag, een van die Overstrand- en die Overberg-munisipaliteite, en ’n helikopter van Werk met Vuur om dié brand te blus. In die berggebied om Greyton en Genadendal was vyf spanne brandbestryders en ’n grondspan besig om die brand te bestry.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: brande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.