Brand tref skougronde
2009-09-03 18:50
Pretoria – Sowat 60 klein stalletjies by die Pretoria Skou is beskadig nadat ‘n brand Donderdagoggend daar uitgebreek het.
Volgens Wim du Toit, hoofamptenaar van die skou, het die brand omstreeks 00:30 by die Tshwane-saal op die skougronde uitgebreek.
“Die nooddienste was binne minute op die toneel en kon die vlamme vinnig blus,” het Du Toit gesê.
“Die saal sal nou gesluit wees totdat die ondersoek deur die polisie en die versekeringsmaatskappy voltooi is.”
Die oorsaak van de brand is nog nie bekend nie. Die saal waarin die brand uitgebreek het, het sowat 60 stalletjies gehuisves wat onder andere speelgoed en juweliersware verkoop het.
Die presiese omvang van die skade is ook nog nie bekend nie. Van die stalletjies is na ander sale verskuif sodat hulle verkope normaal kon voortgaan.
Die Pretoria Skou is nog tot Sondag aan die gang.
–Sapa