Brand op vissersboot word ondersoek
2010-08-11 11:15
Port Elizabeth – ‘n Ondersoek is van stapel gestuur nadat ‘n brand Dinsdagaand op 'n vissersboot aan die kus van Port Elizabeth onstaan het, het die die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Woensdag gesê.
“’n Ondersoek van hierdie aard kan vanaf twee weke tot ses maande duur,” het Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, gesê.
Niemand is beseer toe die vissersboot met sowat 40 bemanningslede aan boord Dinsdagaand naby Cape Recife aan die brand geslaan het nie.
Drie vissersbote en die NSRI in Port Elizabeth het dadelik reageer om bystand te bied.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA