Brand op skip laat bemanning skarrel

2010-10-09 06:28
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - ’n Brand het op ’n Duitse vragskip sowat 24 seemyl (ongeveer 45km) van Kaap Columbine uitgebreek.

“In ’n stadium was die situasie taamlik wanhopig, maar die bemanningslede het daarin geslaag om die brand onder beheer te bring,” het mnr. Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gister gesê.

Die bemanning is meestal Filippyne en van die senior bemanningslede is vermoedelik Duitsers.

Teen gistermiddag laat het die brand steeds gesmeul. Die skip sal deur die bergingsmaatskappy Smit Amandla Marine na ’n hawe gesleep word, het me. Clare Gomes, ’n woordvoerder van die maatskappy, gesê. “Waarheen die skip gaan, sal afhang van die omvang van die skade.”

Dit is nog nie bekend wanneer die skip weggesleep sal word nie.

Die skip, die Boundary van die Rickmers-groep, was sowat 24 seemyl oos van Kaap Columbine toe die bemanning kort voor 09:00 hulp ontbied het nadat ’n brand in die enjinkamer uitgebreek het.

Die NSRI is daarheen en twee skepe daar naby is gevra om om te draai, het kapt. Peter Stowe, Saldanhabaai se hawekaptein, gesê.

Die Hermes Arrow, ’n Belgiese vragskip, was sowat vier seemyl daarvandaan en die Helles Pont Triumph, ’n olietenkskip, sowat ses seemyl.

“Toe die brand op sy ergste was, het die kaptein van die skip dit oorweeg om sy bemanning opdrag te gee om die skip te verlaat,” het mnr. Darius van Niekerk, stasiebevelvoerder van die NSRI in Mykonos, gesê. Die bemanning sou dan in hul eie bote en met die NSRI se boot op die toneel, die Spirit of Freemasonry, na die twee groter skepe gebring word.

Twee NSRI-vrywilligers het aan boord gegaan en die brand help blus. Die maritieme reddingskoördineringsentrum het om 13:00 bevestiging gekry dat die brand geblus is.

Die Boundary is 162 m lank en was van Durban na Walvisbaai onderweg.

- Die Burger

Lees meer oor: brand  |  skip

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.