Vrystaat-brand vlam weer op
2010-09-08 11:42
Johannesburg – Een brand het Woensdagoggend nog in die Vrystaat gewoed, het Working on Fire (Wof) gesê.
“Die Rosendal-area het vanoggend weer opgevlam. Ons het twee spanne op die toneel,” het Wof-woordvoerder Saayman Rossouw gesê.
Die Rosendal-brand het meer as 6 000ha verwoes.
“Dit is onder beheer en behoort vandag (Woensdag) geblus te word. Dit hou nie enige gevare in nie.”
Twee ander brande is Dinsdag geblus.
Een van die brande het 35 000 ha van weivelde op die grens van KwaZulu-Natal en die Vrystaat verwoes, terwyl die ander brand, wat naby die Willem Pretorius Reservaat in Ventersburg gewoed het, 20 000 ha grond vernietig het.
Was jy op die toneel? Stuur jou foto’s aan ons.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA