Brand in Telkom-toring geblus
2010-10-29 09:32
Johannesburg – ‘n Klein brand is in die sokkerbal van die Telkom-toring in Johannesburg se middestad geblus, het die stad se nooddienste Vrydag gesê.
“Brandweermanne het gesukkel om daar bo uit te kom, maar die brand was klein en dit is geblus,” het woordvoerder Synock Matabako gesê.
Hy het bygevoeg dat die brand moontlik veroorsaak was deur kabels rondom die toring en binne die glasvesel en staal-bal.
Die toring se sekuriteit is omstreeks 06:00 Vrydagoggend gekontak toe mense rook uit die gebou sien kom het.
“Daar was geen beserings nie en geen skade is aan die toring aangerig nie.”
Die 35-ton bal is in Maart op die toring geplaas vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA