Brand in Boland is grootste in tien jaar

2012-01-12 08:51
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die wind en weer laat brandbestryders in die Boland ná meer as vier dae steeds bontstaan.

Woensdag het nóg ’n deel van die Hawekwaberge by Wolseley gebrand.

Beamptes moes spring om die vlamme te keer nadat dit in die versengende hitte van 36°C weer opgevlam het.

Dit brand sedert Saterdagaand in die gebied en beamptes veg om die beurt teen die vlamme. Meer as 150 beamptes en vier helikopters is al gebruik. Dit is die grootste brand vanjaar in die gebied en ook die grootste een die afgelope tien jaar.

Volgens Roysten Harris, stasiebevelvoerder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se brandweerdienste, het van die brandweerpersoneel gister ’n noue ontkoming met die vlamme gehad, maar niks ernstigs het gebeur nie.

“Hulle kon die vlamme onder beheer kry. Dit lyk tans ’n bietjie beter hier. Die res van die brand (in die plantasie) word gemonitor sodat dit nie weer kan opvlam nie,” het hy gesê.

Net voor dit weer begin brand het, is ’n verklaring uitgestuur wat lui dat die brand onder beheer is.

Leanne McKrill, woordvoerder van Werk met Vuur, het gesê die brand het Woensdagmiddag weer by Suurvlak in die denneplantasie opgevlam.

“Twee helikopters gooi water op die vlamme, terwyl ’n vastevlerkvliegtuig kyk waar dit oral brand.

“Vroeër vandag (Woensdag) was die brand onder beheer, maar dit het weer opgevlam as gevolg van die hitte en wind.”

Laat Dinsdagmiddag het die brand in die rigting van die Nuwekloofpas versprei. Brandweerbeamptes is toe na die gebied gestuur en hulle kon die brand onder beheer bring.

Duisende hektaar veld is reeds deur die brand verwoes en die gebied waar dit brand, strek oor 40 km.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: brande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.