Brand eis al man se besittings

2011-08-23 08:51
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - ’n Man van Bloemfontein het Maandag in sak en as langs sy honde gesit nadat ’n veldbrand sy huis op ’n kleinhoewe buite Bloemfontein met al sy besittings vernietig het.

Die brand in Ribblesdale het ook twee pakhuise van ’n plaaslike sakeman en baie weiveld vernietig.

Die vernietigende brand, wat brandweermanne met sewe brandweerwaens ure geneem het om onder beheer te bring, het weens ’n sterk wind vinnig oor die kleinhoewe versprei.

Marius Jakobs (52) het net sy honde oor ná die brand.

Sy huis op Leslie Kussman (83) se hoewe in Tibbie Visserstraat, het afgebrand en al sy aardse besittings het in die slag gebly.

“Ek het alles verloor. Van die min wat ek gehad het, het ek nou boggerôl.”

Kussman, eienaar van FB Motor Spares, het twee pakhuise in die brand verloor.

Hy moes toekyk hoe ’n deel van sy sakeonderneming tot op die grond afbrand.

Volgens hom is dit onduidelik hoe die brand begin het.

Sy toekoms is onseker. Sy sakeonderneming is nie verseker nie.

“Ek het groot skade gely. Meer as R1 miljoen se motoronderdele het uitgebrand.”

Ronel Kleinhans wat die afgelope agt maande op Kussman se hoewe woon, het gesê sy het gebid en gehuil dat die brand nie naby haar woonplek kom nie, want sy het geen water om dit te blus nie.

’n Reddingstegnikus van die brandweer, Hentie van Vuuren, sê dit is nog nie duidelik hoe die brand begin het nie.

Geen diere, ander huise of ander strukture is deur die brand geraak nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: brande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.