Brand breek uit by Sandton City
2011-05-12 18:45
Johannesburg - ‘n Gedeelte van ‘n bouperseel by die Sandton City-winkelsentrum het Donderdag aan die brand geslaan, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
‘n Gebied van ongeveer vier by vyf meter is geraak toe isolering, wat in die dak aangelê is, aan die brand geraak het, het Percy Morokane, woordvoerder, gesê.
“Die brand is onder beheer, ons het spanne op die toneel. Niemand is in gevaar nie, maar hulle kan dalk verontrief word, aangesien sommige strate gesluit moet word sodat ons spanne hul werk kan doen.”
Die winkelsentrum self is nie geraak nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA