Brand breek uit by Engen-raffinadery
2011-10-10 13:57
Durban – 'n Brand het by 'n gedeelte van die Engen-raffinadery in Durban uitgebreek, het die maatskappy gesê.
"Ek kan bevestig dat daar vanoggend 'n brand by ons aanleg was, maar dit is in bedwang gebring kort nadat dit uitgebreek het," het Herb Payne, woordvoerder, gesê.
Die brand het omstreeks 11:00 uitgebreek.
"Mense is gou uit die gebied ontruim en niemand is beseer nie."
Die oorsaak van die brand een die omvang van die skade is nie bekend nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA