Brand breek in hospitaal uit
2009-09-21 12:27
Port Elizabeth – ‘n Brand het vroeg Maandagoggend by die Jose Pearson Santa hospitaal in Port Elizabeth uitgebreek.
Sizwe Kupelo, ‘n woordvoerder van die Oos-Kaap se departement van gesondheid het gesê niemand is tydens die voorval beseer nie, maar die hospitaal se apteek is heeltemal verwoes.
"Tuberkulose medisyne en verdowingmiddels van meer as R800 000 is vernietig,” het hy gesê.
Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie.
Kupelo het gesê die brand het nie die dienste en die behandeling van die TB-pasiënte ontwrig nie. Die pasiënte se behandeling duur soos normaal voort.
Medikasie word vanaf ‘n nabygeleë depot na die hospitaal vervoer.
"’n Ander deel van die hospitaal sal vir tyd en wyl as ‘n apteek ingestel word,” het hy gesê.
- Sapa