Brand breek by Kaapstadse lughawe uit
2010-11-21 13:41
Johannesburg - Passasiers moes 'n terminaal by die Kaapstadse
Internasionale Lughawe Sondag ontruim ná 'n elektriese brand uitgebreek het.
"Teen 06:30vm het die brandalarm in die internasionale
vertreksaal afgegaan," het Deidre Hendricks, woordvoerder van Airports
Company SA (ACSA), gesê. "Die brand- en reddingspan het vinnig reageer en
die gebou ontruim."
Die brand het nie lank geduur nie en passasiers is teen
07:00vm teruggelaat in die gebou. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie,
maar 'n ondersoek sal gedoen word. Hendricks kon egter bevestig dat dit 'n
elektriese brand was.
- SAPA