Brand bederf wegbreek in Mosambiek

2010-09-29 07:41
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n Idilliese langnaweek in Mosambiek het vir ’n gesin van Centu­rion in ’n nagmerrie ontaard toe die chalet waarin hulle gebly het met al hul besittings tot op die grond afgebrand het.

Die brand het in die slaapkamer begin waarin die twee Wentzel-seuns, Martin (6) en Hendri (8), geslaap het.

Martin het eerste wakker geword van swart rook wat in die kamer rondgewarrel het.

Sanri Wentzel van Centurion het gister terug by die huis, maar steeds geskok, gesê die brand het blitsig versprei.

Die gesin het vir die langnaweek in ’n chalet by Bilene, sowat 200 km noord van Maputo, gekuier.

“Dit was ons eerste kuier in Mosambiek en die naweek was so lekker.

“Dit was een of ander tyd Sondagnag toe Martin ons wakker geskree het. Ons vermoed die brand is dalk deur ’n kortsluiting in die kamer waar die seuns geslaap het, veroorsaak.

“Alles het baie vinnig gebeur en ons het gehardloop om net die kinders by die chalet uit te kry.

“My man (Hanro) het teruggehardloop om die sleutels van ons bakkie te gryp en dié kon ons wegtrek.

“Die chalet was in vlamme en het gou heeltemal afgebrand.”

Dit was ’n selfsorg-chalet en hulle het van klere, tot beddegoed, handdoeke en kampeerstoele saamgeneem. Alles tesame met hul reisdokumente en persoonlike besittings is in die brand verwoes.

“Die veiligheidswagte by die oord het ons nog gehelp om die brand met sand te blus, maar verniet. My hare is geskroei en ons kinders is steeds geskok.

“Gelukkig was my handsak met my ou identiteitsboekie en my man se beursie in die bakkie.

“Ek het toevallig ook afskrifte van die kinders se geboortesertifikate in my handsak gehad.

“Dít het gehelp dat die Mosambiekse polisie ons toegelaat het om sonder paspoorte deur die grenspos na Suid-Afrika terug te keer.”

Die gesin het ná die brand by vriende wat saam met hulle by die oord gebly het, tot bedaring gaan kom.

“Die polisie was baie behulpsaam. Ironies het ons met omtrent net R5 op ons naam by die grenspos opgedaag nadat die verkeerspolisie ons vir ’n spoedoortreding voorgekeer het. Ons moes met ons laaste geld op die plek ’n boete betaal.”

- Beeld

Lees meer oor: brande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.