Bouwerker val 20m ver
2010-08-10 22:04
Johannesburg – ‘n Bouwerker is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy sowat 20m ver geval het op ‘n bouperseel in Qwaqwa, het paramedici gesê.
Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, het die voorval Dinsdagmiddag omstreeks 15:15 plaasgevind.
Die presiese verloop van gebuere is nog nie bekend nie en sal ondersoek word.
“Met paramedici se aankoms op die toneel was die slagoffer in ‘n kritieke toestand. Hy is vermoedelik in sy twintigs,” het Botha.
Die man is op die toneel gestabiliseer alvorens hy na ‘n privaat hospitaal in Bethlehem vervoer is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24