Boude brand toe boef polisie daag
2010-05-18 09:39
Johannesburg – ‘n 25-jarige man is Dinsdag geskiet en gewond nadat hy glo op die polisie in Zola, Soweto, losgebrand het.
Volgens ao. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het die polisie die Zola-area omstreeks 02:00 patrolleer toe hulle drie mans voorgekeer en deursoek het.
“Hulle het niks aan die mans gevind nie en hulle laat gaan. Die polisiebeamptes het egter onraad vermoed en die mans agtervolg,” het Makhubela gesê.
Na bewering het die mans toe op die polisie begin skiet.
“Gelukkig het die polisie teruggeskiet en een van die mans op die boud getref. Die ander twee verdagtes het gevlug en hulle vuurwapens in die veld gegooi.”
Die 25-jarige verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal. Hy sal later in Protea-landdroshof verskyn.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.