Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Botman maak sy stem dik in taalstryd

2010-01-27 06:27
Tweets Share Share line Print

Liesl Peyper

Kaapstad - Aan die vooraand van die F.W. de Klerk-stigting se beraad oor die toekoms van Afrikaans aan universiteite het die Universiteit Stellenbosch (US) dit duidelik gemaak dat hy hom nie oor sy taalbeleid sal laat voorsê nie.

Die rektor van die US, prof. Russel Botman, het in ’n brief aan die hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), Chris Klopper, gesê die US is ten gunste van samewerking met diegene wat Afrikaans in ’n meertalige konteks wil bevorder. “Nie onder dwang of afdreiging nie, maar in vryheid en vreugde”.

Botman se brief, gedateer 20 Januarie, volg op ’n skrywe wat die SAOU in November verlede jaar aan die US-raad gerig het waarin die vakbond sê hy is bekommerd oor die stand van Afrikaans aan die universiteit.

In dié skrywe sê die SAOU dat hy nog altyd “sonder skroom” aanbeveel het dat studente aan die US moet studeer, maar dat dit terselfdertyd belangrik is dat ’n student sy naskoolse studies in Afrikaans moet voortsit.

Botman het egter sy stem dik gemaak en gesê dit lyk of SAOU se brief daarop sinspeel dat as die US nie doen soos die vakbond sê nie, sal hy studente afraai om daar te kom studeer.

“Geen universiteit van formaat laat hom op hierdie wyse van buite af bestuur nie.”

Botman het voorts gesê dit mag wel wees dat daar voormalige Afrikaanse universiteite is wat hul getalle wit Afrikaanse studente wil vermeerder deur “samespanning” ten koste van ander universiteite “soos die US”.

“Die tersiêre onderwysmark is egter baie kompeterend en eindelik is loopbaankeuses en loopbaanvoorbereiding nie net ’n taal-aangeleentheid nie.”

Klopper het gister aan Die Burger gesê hy het nog nie Botman se skrywe ontvang nie, maar hy dra wel kennis van die verklaring wat die US verlede jaar uitgereik het in reaksie op SAOU se brief.

Volgens Klopper was dié mediaverklaring (wat in baie opsigte ooreenstem met Botman se skrywe) negatief en dit het boonop ’n sterk “rasse-ondertoon” gehad.

“Die US het dit laat klink of hy nie nodig het om vennootskappe met die SAOU te vorm nie, want hy het dit reeds met bruin en swart Afrikaanstalige skoolverlaters.

“Ons is maar net bekommerd omdat dit lyk of slegs voormalige Afrikaanse universiteite onder druk kom om meertalig te wees.”

Die beraad oor die toekoms van Afrikaans aan universiteite vind môre op die Vredenheim-wynlandgoed buite Stellenbosch plaas.

- Die Burger

Lees meer oor: taalbeleid  |  maties
VOLGENDE OP NUUS24X

FW vaar uit teen pessimiste

2013-05-21 18:52

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Willy Johnstone-Robertson sê... Daniel, die oom sien jy is nou die blue-eyed boy hier met al die opduime. Deel bietjie die tips seblief. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday North Riding - 19:05 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Witkoppen Road
  • Tuesday Bramley - 18:52 PM
    Road name: Corlett Drive
    TRAFFIC LIGHTS short-timing at M1 Highway
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JAVA Developer

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Business Analyst

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Courier Sales Executive

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.