Bosveld amper 'tot niet'
2009-12-04 10:29
Limpopo - Die Bosveld – soos die meeste Suid-Afrikaners dit ken – is daarmee heen as die Eskoms, die Exxaro’s en die Sasols met hom klaar is.
Só som ’n boer mismoedig die gemeenskap se gevoel op ná ’n vergadering tussen Eskom en lede van die Limpopo-omgewingsaksieforum (LEAF) buite Thabazimbi.
Nóg sowat vier kragsentrales (bykomend tot dié van Matimba en Medupi), honderde kilometer kraglyne, paaie en -verleggings, uitbreiding aan bestaande mynoperasies en nóg nuwe steenkoolmyne, raffinaderye, ontginning van ondergrondse gashulpbronne, sekondêre en tersiêre ontwikkelings wat met dié ontwikkelings verband hou, hoër bevolkings en verdere munisipale groei in Lephalale en die Steenbokpan-gebied is alles in die vooruitsig.
Vind meer uit op landbou.com en lees die volledige artikel in Landbouweekblad se uitgawe van 11 Desember 2009.