Borgtog vir beweerde korrupte amptenare
2011-12-21 14:00
Johannesburg – Die voormalige LUR van onderwys in Noordwes, Johannes Tselapedi en twee ander senior provinsiale amptenare wat beskuldig word van R12 miljoen se bedrog en korrupsie, het die nag agter tralies deurgebring, toe hulle nie hul borgtog kon betaal nie, het RSG Woensdag berig.
Die polisie het Dinsdag toegeslaan op die huise van Tselapedi, die voormalige waarnemende adjunk direkteur-generaal van onderwys, Mathanzima Mweli, en die geskorste provinsiale hoof van onderwys, Charles Raseala.
Mweli en Raseala het borgtog van R500 000 elk ontvang, terwyl Tselapedi se borgtog op R250 000 vasgestel is.
Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG