Borgtog vir bedrog-verdagte
2009-07-31 13:35
Johannesburg- ‘n Vodacom werknemer wat verdink word van R1.8 miljoen se bedrog is borgtog toegestaan in die hof vir gespesialiseerde handelsmisdaad in Johannesburg.
Mbokodana Khoza, het na bewering sy posisie as ingenieur misbruik deur SMS-boodskappe met bankbesonderhede te onderskep en geld uit die rekeninge te steel.
Khoza is op R15 000 borgtog vrygelaat. Hy is ook verbied om die land te verlaat en mag geen kontak maak met sy medewerkers by Vodacom nie. Hy moet ook eenmaal ‘n week by sy plaaslike polisiestasie aanmeld.
Khoza se medepligtige, Mbusi Bhengu, was nie tydens die hofsaak teenwoordig nie. Sy verhoor is tot 11 Augustus uitgestel.
Khoza se saak sal weer op 11 September hervat word.
–Sapa