Borgtog vir Debbie Calitz
2012-12-10 14:23
Johannesburg – Debbie Calitz en agt ander mense het Maandag op dwelm-verwante aanklagte in die Hatfield-streekhof verskyn.
Landdros Kenneth Chauke het die saak tot 30 Januarie vir verdere ondersoek uitgestel.
Die verdagtes is elkeen op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Calitz (50) en agt ander mense tussen die ouderdom van 19 en 29 is verlede week by ‘n huis in Constantia Park, Pretoria, in hegtenis geneem.
Calitz, Kerri-Anne Cross, Matthew Beukes, Jarryd Lottering, Timothy Lombard, Jason Cross, Nicolas Fourie, Zane Coles, en Donavan Coles staan elkeen tereg op aanklag van die besit van dwelms.
Calitz en Bruno Pelizzari is byna ses maande gelede vrygelaat nadat hulle amper twee jaar lank deur Somaliese seerowers aangehou is.
Die polisie in Brooklyn en Garsfontein het ‘n klopjag uitgevoer nadat hulle ‘n wenk gekry het dat Calitz dagga en “magic mushrooms” gekweek het.
Sy het onlangs ‘n boek oor haar ervaring as gyselaar – Debbie Calitz: 20 Months in Hostage Hell – uitgereik.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA