Borgtog-aansoek vir Bronx-moordverdagte moet wag
2012-08-08 23:00
Kaapstad – Die borgtogaansoek van Achmant Toffa, wat aangekla word van die moord op die Kaapse nagklub-eienaar, Bruno Bronn, is weens siekte uitgestel.
Toffa is die engiste van die vier verdagtes wat steeds in aanhouding is.
Die aansoek was geskeduleer vir 14:00 Woensdagmiddag in die Kaapstadse distrikshoof, maar Toffa se prokureur, William Booth, was siek.
Die saak is tot 15 Augustus uitgestel.
Tydens hofverrigtinge is beweer dat Toffa, deur 'n selfoon in die tronk te gebruik, sy mede-beskuldigde Johan Frederick Coetzer gebel en gedreig het om hom dood te maak as hy nie getuig soos Toffa hom beveel nie.
Coetzer is met die dood gedreig as hy "die waarheid sou praat" oor die beweerde moord.
Dit is as gevolg van dié oproep dat die staatsaanklaer Johan Swart, Toffa se aansoek om borgtog teenstaan omdat hy moontlik 'n staatsgetuie kan intimideer.
Bronn is op 7 Februarie in sy huis in Groenpunt, Kaapstad, vermoor.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA