Bonnette sal buite hof bly

2012-02-09 16:55
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Ina Bonnette sal Vrydag buite die Modimolle-landdroshof bly wanneer haar vervreemde man verskyn op aanklagte daarvan dat hy haar seun vermoor het en haar verkragting georkestreer het.

“Ons sal... buite die hof bly,” het haar vriendin Elize Coetzer Donderdag gesê.

Sy het gesê Bonette wil nie binne die hof wees nie.

“Ina is ‘n baie sterk vrou en sy huil wel... maar sy vat dit een dag op ‘n slag. Al ons vriende het besluit om môre pienk met klein hartjies op te dra en ons sal om 08:15 na die hof stap.”

Johan Kotzé staar 17 aanklagte in die gesig. Dit sluit verkragting, moord, sameswering tot verkragting, ontvoering en aanranding met die opset om ernstig te beseer in. Op 3 Januarie het hy na bewering sy drie werkers beveel om die 42-jarige vrou om die beurt te verkrag en haar liggaam met onder meer spykers en ‘n skroewedraaier te skend.

Hy het na bewering haar 19-jarige seun, Conrad Bonnette, doodgeskiet toe hy (Conrad) by die huis aangekom het. Conrad het om sy lewe gepleit terwyl Bonnette in ‘n ander kamer vasgemaak was.

Die 50-jarige is op 11 Januarie in hegtenis geneem.

Sy drie medebeskuldigdes – Mmapuru Peter Mohlako (34), Andries Paparona Sithole (42) en Sello Frans Mphaka (38) – is binne dae van mekaar in hegtenis geneem.

Hulle is blykbaar aangestel om palmbome uit die tuin van Kotzé se gehuurde huis in Modimolle te verwyder.

Vroueregtegroepe en betogers sal na verwagting by die hof wees om Bonnette te ondersteun.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het gesê die polisie sal seker maak orde word gehandhaaf by Vrydag se verhoor.

“In ag genome die feit dat die saak ‘n groot openbare belang het, verwag ons dat baie mense dit sal bywoon. Ons sal openbare orde-polisieering vroeg reeds by die hof mobiliseer.”

Gedeeltes van die hof sal afgesper wees.

“Ons doen ‘n beroep op die publiek om hulself te gedra tydens die verrigtinge. Die polisie sal dissipline verseker,” het Mulaudzi gesê.

Slegs joernaliste met perskaarte sal in die hofsaal toegelaat word wanneer die man wat die “Modimolle Monster” gedoop is en sy medebeskuldigdes verskyn.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê dit is moontlik dat ‘n borgtogaansoek Vrydag aangehoor kan word.

“Daar is ‘n moontlikheid dat die saak vir verdere ondersoek uitgestel sal word of dat daar ‘n borgtogaansoek van sommige van die beskuldigdes kan wees,” het adv. Mthunzi Mhaga, woordvoerder, gesê. “Indien dit die geval is, sal die staat gereed wees om voort te gaan.”

- Volg Nuus24 op Twitter

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.