Bom-grap blaas in joernalis se gesig op
2009-08-07 10:25
Johannesburg – ‘n Grap oor ‘n plofbare notaboek het in joernalis se gesig opgeblaas nadat hy voor die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, se besoek uit die presidensiële gastehuis in Pretoria begelei is.
Die joernalis is van die Verenigde Koninkryk.
Die joernalis het deur die verskeie sekerheidstelsels gegaan en moes sy sak voor ‘n snuffelhond neersit.
Toe hy gevra is of daar enige iets in is, het hy gesê: Nee, net ‘n ontplofbare notaboek.’”
Die polisie het toe beamptes van die presidensie en die Amerikaanse ambassade gespreek en daar is besluit dat die man van die perseel verwyder word.
Clinton sal Vrydag met Maite Nkoana-Mashabane, minister van buitelandse sake, vergader om streekkwessies soos die plofbare magsdeling in Zimbabwe te bespreek en daarna vir oudpres. Nelson Mandela ontmoet.
– Sapa