Boland-wyn bedreig

2011-05-01 10:55
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - ’n Oorlewingstryd.

Só word die “koste-knyptang” beskryf waarin Kaapse wynboere hulle bevind.

Kenners voorspel al hoe meer wynplase, veral by Stellenbosch en die Paarl, gaan in die mark beland weens die geweldige styging in produksiekoste wat produsente se inkomste tot op die been sny.

Só klein is hul winsgrens deesdae dat ’n boer uit ’n gemiddelde bottel wyn van R24,00 minder as 44c in sy sak steek.
Dit kom neer op sowat 2% van wat ’n verbruiker vir ’n bottel wyn in die winkel betaal.

Dis die bevinding van twee Stellenbosse landbou-ekonome wat ’n kosteontleding gedoen het oor die produksiekoste en inkomste van Kaapse wynboere.

Hul gevolgtrekking is produsente se inkomste hou nie tred met die geweldige styging in produksiekoste en ander uitgawes nie, sê Gert van Wyk en Franco le Roux, landbou-ekonome van VinPro, ’n diensorganisasie wat 4 500 Suid-Afrikaanse primêre wynprodusente verteenwoordig.

“Dié 44c is wat ’n boer einde 2009 uit ’n bottel wyn van R24 verdien het. Eintlik is dit nou nog minder omdat winsmarges sedertdien verder gedaal het,” sê Van Wyk.

Produksiekoste styg voortdurend en uitgawes soos elektrisiteit, water en belasting het met 14% toegeneem. Arbeid, meganisasie en verbeteringe is nog faktore grotendeels buite boere se beheer, terwyl arbeid alleen 41% van ’n boer se uitgawes uitmaak.

Mnr. Abrie Botha, voorsitter van VinPro, sê die verhogings wat in Februarie in aksynsbelasting aangekondig is, “sal wynprodusente verder op hul knieë dwing”.

“Produsente moes reeds oor die afgelope jare strawwe aksynsverhogings absorbeer. Die verhoging van 8,4% op natuurlike wyn en 10% op spiritualieë sal talle produsente ’n finale nekslag toedien.”

Die staat verdien nou uit elke kis brandewyn (12 x 750 ml) sowat R400.

Volgens Van Wyk en Le Roux bestaan jaarlikse produksiekoste uit kontantuitgawes (72%) en kapitale instandhouding (28%).

Dit kos ’n boer deesdae R20 648 per hektaar aan jaarlikse kontantuitgawes en om kapitale instandhouding van die lopende saak te doen, nog R7 937/ha – dus altesaam R28 585/ha.

“Om wyndruiwe op lang termyn ekonomies volhoubaar te produseer, moet boere behalwe produksiekoste ook minstens voorsiening maak vir rente en on­­der­nemersloon, wat die totale koste dus tot meer as R45 0000/ha verhoog,” sê Van Wyk.

Hoewel die bruto inkomste per hektaar toegeneem het, sê die ekonome in hul studie “geweldige kostestygings het veroorsaak dat die netto boerdery-inkomste tussen 2004 en 2010 met 70% verswak het tot R3 696/ha.

“Klaarblyklik bevind produsente hulle in ’n koste-knyptang.”

Dis noodsaaklik dat wynboere voortdurend vernuwe, meen Van Wyk en Le Roux, “maar dit gebeur nie meer soos dit moet nie”.

Wingerd het ’n ekonomiese leeftyd van 20 jaar en trekkers, voertuie en implemente tussen 5 en 15 jaar (gedeeltelik gegrond op tweedehandse vervangingswaarde).

“Om op lang termyn ekonomies volhoubaar te boer, moet vervangingskoste ook bereken word. Deesdae is 18% van die totale Suid-Afrikaanse wingerdoppervlak ouer as 20 jaar, met minder as 8% jonger as 4 jaar. Dit dui daarop dat produsente hul kapitale instandhouding agterweë laat om finansieel te oorleef.”

Die Bolandse wynlandgebiede, veral Stellenbosch en Paarl, loop deur weens hoër produksiekoste (per ton duiwe geproduseer) as in gebiede soos die Olifantsrivierdistrik (Weskus) en die ander intensiewe besproeiingsgebiede (Breedekloof, Worcester, Oranjerivier en Robertson).

André Morgenthal, kommunikasiehoof van Wosa (Wines of South Africa), sê nogtans belê buitelanders graag in Kaapse wynplase, “deur aandeelhouding sowel as alleeneienaarskap.”

Volop goedkoper wyn op winkelrakke deesdae kan toegeskryf word daaraan “dat handelsmerke hul produk en prysstrukture so aangepas het dat dit inpas by die verbruikersaanvraag. Sedert die begin van die resessie het mededinging straf geraak.

“Boere spits hulle toe op die plaaslike mark weens die groter mededinging in die uitvoermark.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: stellenbosch  |  landbou  |  wynbedryf  |  boere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.