Bok-stut swaai glo vuiste by kuierplek

2012-02-21 08:02
Tweets Share Share line Print

Die Springbok- en Cheetahs-stut Coenie Oosthuizen wat na bewering Vrydagaand in ’n bakleiery buite ’n kuierplek in Tweedelaan in Bloemfontein betrokke was. Foto: Maradine Whitehorn

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Bloemfontein – Die Springbok- en Cheetahs-stut Coenie Oosthuizen was na bewering wéér in ’n bakleiery betrokke.

Na verneem word, het twee mans ’n woordewisseling gehad en Oosthuizen het na bewering ongenooid nader gestaan en aan een van die mans geruk en pluk.

“Hy het my gestamp en gesê hy sal my doodp**s. Hy het dit al voorheen ook gedoen.”

Volksblad het in 2009 berig oor ’n bakleiery waarby Oosthuizen ook betrokke was en toe na bewering ’n jong student se kakebeen afgeslaan het. Oosthuizen het dit destyds ontken.

In die jongste voorval het die eienaar van die kuierplek Barba’s, in Tweedelaan, glo twee mans uitgejaag en hulle het uit die kuierplek gestap.

Een van hulle vertel: “Ons was skaars by die ingang uit, toe Coenie van agter kom en my vriend slaan. Toe dié val, het Coenie bo-op hom gesit en aangehou slaan.”

Die Cheetahs-heelagter, Hennie Daniller, het glo die hele petalje gade geslaan, maar nie deelgeneem nie.

Ná die beweerde voorval het Oosthuizen glo in sy motor geklim en gery.

Die 23-jarige wat aangerand is, is oorspronklik van Bloemfontein, maar woon deesdae in Pretoria.

“Ek sal regstappe oorweeg nadat ek videomateriaal van Barba’s onder oë gehad het.”

Michael Horak, hulpafrigter van die Cheetahs, het Maandag gesê nie hy of die unie dra kennis van die voorval nie.

“Ons kry nie vir Coenie in die hande nie.”

Mario Kleovoulou, eienaar van Barba’s, het nie teen druktyd op boodskappe gereageer nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: coenie oosthuizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.