Bok se dronkry-saak uitgestel
2009-07-23 15:45
Johannesburg- Springbok skrumskakel Ricky Januarie se saak van dronkbestuur sal in Januarie volgende jaar hervat word, het die SABC berig.
Januarie moes Donderdag op aanklagtes van dronkbestuur in die hof verskyn, maar is tans in Bloemfontein waar hy vir Saterdag se Dreinasies-toets teen die All Blacks voorberei.
Hy is in September verlede jaar in Durbanville, Kaapstad vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Dit was die tweede keer in dieselfde jaar wat Januarie as gevolg van die misbruik van alkohol in die moeilikheid beland het.
In Junie 2008 is hy vir die eerste toets teen Wallis geskors ná hy laat en dronk by sy hotelkamer opgedaag het.
-Sapa