Boete vir 235 km/h-motorfietsryer
2011-08-24 22:56
Johannesburg – ‘n Telkom-werknemer is Woensdag ‘n boete van R6 000 in die Krugersdorp-landdroshof opgelê nadat hy teen 235 km/h op sy motorfiets gejaag het, het die verkeerspolisie in Gauteng gesê.
Samjeer Misra (31) is ‘n boete van R12 000 opgelê, waarvan R6 000 vir drie jaar opgeskort is, mits hy nie skuldig bevind word aan enige soortgelyke oortredings in dié tydperk nie, het Busaphi Nxumalo in ‘n verklaring gesê.
“Indien hy vir enige verkeersoortreding in hegtenis geneem en skuldig bevind word, kan hy moontlik tronkstraf opgelê word en sy bestuurslisensie kan gekanselleer word.”
Beamptes moes op 31 Julie verskeie voertuie inspan om dié Telkom-bestuurder vas te keer en hom daarvan te weerhoed om te ontsnap op sy Yahama-motorfiets op die N14 naby Muldersdrift. Hy het beweer hy was laat vir ‘n afspraak.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA