Boeremag-broers se advokaat onttrek

2011-05-25 19:04
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die advokaat van twee van die Boeremag-lede wat vir verraad verhoor word, het Woensdag uit die verhoor onttrek weens ‘n “onversoenbare verbreking van vertroue” met sy kliënte.

Regter Eben Jordaan het Gert van Niekerk, die jongste van verskeie advokate wat dié broers, dr. Johan en Wilhelm Pretorius, verteenwoordig het, verlof toegestaan om uit die verhoor te onttrek, al het slotbetoë vir die verdediging Woensdag begin.

Johan Pretorius het in die hof gesê dié verbreking van vertroue het vroeër vandeesmaand tydens konsultasies met Van Niekerk aan die lig gekom. Dit het daartoe gelei dat hul advokaat gesê het hy het geen ander keuse as om te onttrek nie.

“Ons besef dit kom in ‘n baie laat stadium en ons bevind onsself in ‘n geregtelike tegniese mynveld.

“Ons kan nie die gronde vir die verbreking van vertroue onthul nie, aangesien die meeste van die inligting vertroulik is."

Johan Pretorius het gesê die twee verlaat nie hul reg op regsverteenwoordiging nie, maar voel dat die stelsel nie na hul behoeftes kan omsien nie.

Regter Jordaan het verlede jaar ‘n aansoek deur die twee broers en hul ander broer, Kobus, verwerp. Die aansoek het gevra dat die broers tot oorlogsgevangenes verklaar word.

Hulle het hulself as “soldate in ‘n bevrydingstryd” beskryf wat gewikkel is in ‘n gewapende stryd wat gemik is op selfonderhouding vir die “Boerevolk”.

Die drie broers het beken hulle was betrokke by aktiwiteite soos om tuisgemaakte bomme te vervaardig, wetende dat dié bomme by strategiese punte geplaas sou word.

Paul Fick, aanklaer, het verlede maand betoog dat al drie die beskuldigdes aan die hoofklag, hoogverraad, skuldig bevind moet word.

Hy sê hul sameswering om die regering omver te werp en dit met ‘n Boererepubliek te vervang, is steeds lewendig.

Twee van die oorspronklike 22 beskuldigdes – Herman Scheepers en Frederick Boltman – is dood sedert die verhoor agt jaar gelede begin het.

Die verhoor gaan Donderdag voort.

- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: boeremag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.