Boeremag-beskuldigde hospitaal toe

2011-06-01 17:59
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die oudste beskuldigde in die Boeremag-verraadverhoor, Vis Visagie, is Woensdag na die hospitaal gehaas nadat hy in die beskuldigdebank inmekaargesak het.

Een van sy medebeskuldigdes, dr. Lets Pretorius, het die 72-jarige Visagie in die hof behandel, maar het gesê toetse sal uitgevoer moet word om te bepaal wat fout is.

Visagie, Mike du Toit, Herman van Rooyen, Tom Vorster en Rudi Gouws het Dinsdag uit die hof probeer ontsnap nadat hulle ‘n ammoniak-agtige sproei in die oë van die polisiebeamptes wat hulle bewaak het, gespuit het.

Van Rooyen het daarin geslaag om die straat in te hardloop, maar polisiebeamptes, met die hulp van veiligheidswagte en motoroppassers, het hom naby die hofgebou gevang en hom na die hof teruggesleep.

Vorster, wat volgens sommige ooggetuies gegly en geval het, is in die voorportaal vasgetrek nadat hy blykbaar in ‘n struweling met ‘n vroulike polisiebeampte betrokke was.

Die ander drie is net buite die deur van hof GD in die Hooggeregshof-gebou in Vermeulenstraat vasgetrek.

Vier polisiebeamptes, insluitende die vroulike beampte wat Vorster voorgekeer het, en ‘n veiligheidswag is in die hospitaal opgeneem, maar is ontslaan nadat hulle behandel is.

Du Toit is Woensdag na die hof teruggebring, maar het in die selle gebly en gekla dat hy nie lekker voel nie.

Nog ‘n beskuldigde, Kobus Pretorius, het gekla dat hy emosioneel onder druk is, nie sy psigiater kan sien nie en “nie soos dit kan aangaan nie”.

Visagie het inmekaargesak kort nadat een van die advokate vir die verdediging, Louisa van der Walt, haar finale slotbetoog gelewer het. Dit het daartoe gelei dat die verhoor weer uitgestel is.

Twee van die 22 Boeremag-beskuldigdes – Herman Scheepers en Frederick Boltman, is dood sedert die verhoor agt jaar gelede begin het.

Die toestel waarmee die voornemende ontsnappers die polisiebeamptes gespuit het, is in neussproei-botteltjies en ‘n tandepastabuisie by die hof ingesmokkel.

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: pretoria  |  boeremag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.