Boere verlaat SA in hordes
2011-04-04 10:32
Johannesburg – Kommersiële boere verlaat Suid-Afrika in hul hordes, het The Times Maandag berig.
Boere verlaat die land weens ondraaglike werkstoestande vir buurstate soos Malawi en die Demokratiese Republiek van die Kongo.
In 1994 was daar 120 000 kommersiële boere in Suid-Afrika en net 37 000 het oorgebly. Dit het daartoe aanleiding gegee dat Suid-Afrika sommige van die kos wat hy in die verlede self vervaardig het, nou moet invoer, het dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, gesê.
Die land het nou begin grane soos koring invoer. Die land sal nou ook dalk vleis en vee, wat al hoe minder in die land vervaardig word, moet invoer.
Boere het ondermeer die nuwe wette, duur water, elektrisiteit en ander benodighede, aangewys as redes hoekom boerdery in Suid-Afrika al hoe meer onvolhoubaar word.
Mthobeli Mxotwa, woordvoerder van Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê die konsepwet op verblyfreg is daarop gemik om "wreedheid teenoor plaaswerkers te stop".
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA