Boere vas vir aanval op plaas
2010-11-23 20:30
Johannesburg – Sewe mense, insluitende drie boere van Ottosdal, sal in die hof verskyn nadat hulle glo twee mans aangeval het wat hul plaaspaaie gebruik het, het die polisie in die Noordwes gesê.
Volgens Aafje Bothma is die twee mans Maandag aangeval toe hulle die paaie gebruik het wat op die boere se eiendom was.
Die polisie is nie seker oor die presiese details nie, maar twee sake van aanranding is oopgemaak, het Bothma gesê.
Bothma kon nie kommentaar lewer oor berigte dat die twee slagoffers plaaswerkers was nie.
Een man het beserings aan sy kop opgedoen terwyl die ander een sy ore beseer het.
Volgens die SABC was vier plaaswerkers deel van die groep vermeende aanvallers.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA