Boere vang verkragter

2011-03-02 09:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die polisie het ingegryp om ’n groep boere en munisipale werkers uit mekaar te hou nadat die werkers ’n beweerde verkragter van ’n vrou in hul kantore probeer wegsteek het.

Boere van Mokopane (Potgietersrus) het die vermeende verkragter by die ou lisensiekantore in die dorp vasgekeer.

Sakkie Kidson, ’n boer, het gesê hulle is Sondagoggend deur een van die hoeweboere buite die dorp in kennis gestel dat sy vrou verkrag is.

“Ons het vinnig gereageer en saamgestaan,” het Kidson gesê.

Hulle het met mekaar in verbinding gebly deur burgerbandradio’s. Paaie in die gebied is versper, die gebied is gepatrolleer en boere het die polisie ook in kennis gestel.

’n Groep van die boere het die verdagte by die ou lisensiekantore in Mokopane aangekeer.

Volgens Kidson en nog boere, wat nie genoem wil word nie, het die verdagte in die gebou weggekruip. Van die werkers het hom glo weggesteek.

Gemoedere het opgevlam tussen die boere en die werkers. Beledigings is oor en weer geslinger en die polisie het tussenbeide getree om geweld te voorkom.

’n Man is in hegtenis geneem en na die Mokopane-polisiekantoor geneem.

’n Groep boere het omstreeks 18:00 buite die Mokopane-polisiekantoor saamgedrom om uit te vind wat met die verdagte gaan gebeur.

Na verneem word, is die man ’n werker van die Mokopane- munisipaliteit en hy sal Dinsdag in dié dorp se landdroshof verskyn in verband met die verkragting.

Die vrou is Sondagmiddag in haar huis op ’n hoewe sowat 10 km buite die dorp verkrag. Die verkragter het glo in ’n munisipale voertuig op die hoewe opgedaag.

Lt.kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n man in hegtenis geneem is en vandag in die landdroshof sal verskyn.

Die vrou se seun het Maandag gesê sy ma is “stil”. “Ons praat liewer nie oor wat gebeur het nie.”

Volgens hom was sy ma Sondagmiddag omstreeks 12:00 besig om ’n ou yskas uit die huis te stoot om dit skoon te maak. Haar selfoon het in die huis gelui. Sy het vergeet om die veiligheidshek agter haar toe te maak toe sy in die huis in is om die foon te antwoord.

Japie Spanio, veiligheidsvoorsitter van die TLU SA-noordstreek, het gesê toe die vrou die selfoon antwoord, het die persoon wat gebel het die foon neergesit.

Sy het toe ’n voertuig van die Mokopane-munisipaliteit buite gesien.

“Toe sy omdraai, was ’n man reeds in die huis,” het Spanio gesê.

Die vrou se seun het gesê hulle wil sy ma nie nou uitvra oor wat daarna gebeur het nie.

Nadat die man gevlug het, het die vrou haar man gebel.

Hy het boere in die gebied dadelik van die voorval in kennis gestel.

Die vrou wat verkrag is, is na ’n hospitaal in die dorp geneem waar sy vir skok behandel is.

Sy is Maandagmiddag weer na die hospitaal vir ’n opvolg-ondersoek.

Spanio het boere gemaan om hulle te alle tye te beveilig.  

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: verkragtings  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.