Boere trek polisievrou vas

2010-05-24 10:00
Tweets Share Share line Print

Amanda Roestoff, Beeld

Johannesburg - ’n Polisievrou is in hegtenis geneem ná ’n plaasaanval in Schweizer-Reneke, Noordwes, en ’n voormalige polisielid word in verband met die voorval gesoek.

Abraham Oosthuizen (35), ’n saai-en-beesboer op die plaas Grootlaagte, is Vrydag 20:00 aangeval toe hy by sy plaas aangekom het nadat hy werkers gaan aflaai het.

Hy het met sy bakkie onder ’n afdak sowat 15 m van sy huis stilgehou en uitgeklim met dokumentasie en sy .22-haelgeweer in sy hand.

Die volgende oomblik het drie mans op hom afgestorm en ’n skoot op hom gevuur.

“My eerste reaksie was om aan te val en ek het sommer so (een skoot) van die heup af geskiet,” het Oosthuizen vertel.

Een van die aanvallers het weggehardloop, maar twee het agter sy bakkie gaan wegkruip. “Toe skiet hulle sommer so oor die enjinkap van my bakkie na my toe!”

Oosthuizen het by sy huis ingehardloop, die deur gesluit en ander boere se hulp oor ’n tweerigting­radio ingeroep.

Binne sewe minute was van die boere daar. Hulle het na die aanvallers begin soek en die plaas gefynkam.

“Die boere was fantasties,” het Oosthuizen gesê. “Van hulle het tot sover as 60 km gery om te kom help.

“So ver soos hulle gery het, het hulle paaie toegemaak en mense deurgesoek.”

’n Verdagte wit Colt-bakkie is op die Hartsfontein-grondpad van die pad gedwing.

’n Vrou is agter die stuur aangetref en in hegtenis geneem.

Sy is ’n 34-jarige konstabel van die Florida-polisiekantoor in Roodepoort se misdaadvoorkomingseenheid.

Ao. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, kon nie sê hoekom die bakkie verdag was of wat die vrou met die aanval verbind nie.

Hy het net gesê die bakkie is deurgesoek en daar is vasgestel dat dit geregistreer is in die naam van ’n voormalige polisielid van Rustenburg wat in Februarie glo uit die polisie bedank het.

Dié oudlid was ook na bewering deel van die aanval en sou hom Sondag aan die polisie oorgegee het, maar teen druktyd het dit nog nie gebeur nie.

Nog ’n verdagte, ’n 36-jarige man, is Saterdag in Ipelegeng, net buite Schweizer-Reneke, vasgetrek.

Nog ’n verdagte is steeds soek.

Verskeie polisie-items is in die bakkie gevind, waaronder die voormalige polisielid se aanstellingsertifikaat, die vrouekonstabel se aanstellingsertfikaat, ’n polisie-flitslig, twee handradio’s en ’n oranje noodlig.

Daar is ook op een van die verdagtes se rybewys, asook ’n Z88-pistool en ’n magasyn met 15 patrone beslag gelê.

Oosthuizen het die polisie se beweerde betrokkenheid by die aanval as teleurstellend bestempel.

Die polisievrou en die 36-jarige man sal Sondag op aanklag van poging tot moord in die hof verskyn.

Volg Beeld op Twitter.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad  |  sapd

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.