Boere steier ná noodwal breek

2011-01-17 07:14
Tweets Share Share line Print

Upington - Boere by Kakamas steier ná miljoene rande se skade nadat ’n noodwal Vrydag gebreek en die rivier tot byna by die dorp oor sy walle gestoot het.

Ontstoke boere het gister die regering verkwalik vir wat hulle as ’n mensgemaakte vloed bestempel het.

Hulle meen water moes vroeër al uit die damme losgelaat gewees het.

Dit kom nadat vloedwater reeds vroeër wingerde nader aan die rivier oorstroom het. In die meeste gevalle is nog nie geoes nie, en is die oeste verlore.

Sakeondernemings word nie veel geraak nie, maar moet planne beraam om werknemers aan die ander kant van die rivier op die dorp te kry.

Die water het die naweek tot digby die 1988-vloedmerk gestyg toe water oor die pad tussen die dorp en die brug gevloei het.

In 1988 was die watervlak egter tot by die rivier hoër.

Die brug is gesluit, wat meebring dat inwoners wat by Upington moet uitkom, asook besoekers uit Gauteng en ander noordelike provinsies, met ’n ompad via Kenhardt oor ’n swak grondpad moet ry.

Veral mense op pad na Augrabies word hierdeur geraak.

Die roete is van Upington deur Louisvale na Kenhardt, en dan grondpad tot by Kakamas.

Mense wat van een kant van die rivier by die anderkant moet uitkom, word met ’n rubberbootjie van die polisie oor die “nuwe sytak” van die rivier, waar die pad is, vervoer.

Aanduidings was dat die watervlak van die rivier gister hier en ook by Upington en Kanoneiland begin daal het.

By Kanoneiland het water Saterdag oor die rand van die enigste oorblywende brug, wat die eiland met die buitewêreld verbind, begin klots. Dié brug lei na die Kei­moes/Upington-pad. Die brug aan die ander kant van die rivier is vroeër reeds gesluit.

Gister het die water steeds teen die kant van die brug gestoot, maar nie meer oor die rand gespat nie.

Ook by Upington kon gesien word dat die watervlak stadig maar seker daal.

Amptelike syfers kon nie Sondag gekry word nie.

Talle mense is op Skanskop- en Rooikop-eiland by Keimoes vasgekeer deurdat die brûe aan weerskante gesluit is.

’n Man het Saterdag by Skans­kop-eiland verdrink toe hy deur die rivier wou gaan.

Kol. Henk van Heerden, bevelvoerder van die polisie in Kakamas, het gesê ’n verdrinking is ook by Rooikop-eiland aangemeld. Die vermeende ooggetuie kon egter nog nie opgespoor word nie.

Ansie de Kock, ’n inwoner, het gesê die mense het nog nie kospakkies ontvang nie, en sommige waag hul lewe deur heuphoogte deur die sterk stroom te stap om kos op Keimoes te gaan koop.

“Die munisipaliteit sê mense moet kospakkies op Keimoes kom haal, maar as hulle daar kan uitkom, kan hulle mos maar net sowel kos koop,” het sy gesê.

Die Sendelingsdrift-grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië is gesluit nadat die pont wat mense hier oor die rivier neem, uit die rivier gehaal is.

Verskeie gemsbokke het in die Richtersveld-streek verdrink nadat hulle deur water omsingel is.

Die Augrabies-waterval word steeds flink besoek, en Saterdag het 1809 dagbesoekers na die skouspel kom kyk.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: vloede

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.