Boere se miljoene gebruik vir spogmotors
2009-10-25 04:39
Johannesburg - 'n Som van R100 miljoen van swart bemagtiging in die Landbou (AgriBEE) wat vir arm boere bedoel was, is glo gebruik om spogmotors en huise te koop.
Die AgriBEE-fonds is bedoel vir landbouprojekte, insluitend 'n ondersteuningsgroep wat beplan om kos te kweek vir MIV/vigs-lyers en weeskinders.
Die geld is deur die department van landbou oorgedra na die Landbank.
'n Som van R87.7 miljoen is uit 'n "spesiale rekening" uitbetaal aan projekte in 2007 en 2008.
Die Sunday Times berig dat die geld gebruik was om spogmotors en huise te koop vir individue wat polities aan dié organisasie verbind word.
Die departement van landbou, polisie en die Landbank het nog nie 'n formele klag aanhangig gemaak of beslag gelê op enige eiendom nie.
Musa Zondi, 'n woordvoerder van die Valke, het gesê hulle is besig om verklarings by die Landbank te neem.
"Dié saak gaan nie onder die mat gevee word nie."
– Sapa