Boere prys nuwe grondplan

2011-06-28 07:59
Tweets Share Share line Print

Midrand – Dit is goeie nuus, het boere Maandag gesê oor die nuwe planne wat pres. Jacob Zuma aangekondig het om grondhervorming gladder te laat verloop.

Die planne wat Zuma op die vergadering van Cosatu se sentrale komitee aangekondig het, behels:

* ’n Waardeerder-generaal gaan aangestel word om die herverspreiding van grond gladder te laat verloop;

* ’n Grondbestuurskommissie gaan geskep word wat grondtransaksies kan ondersoek en titelaktes kan hersien;

* Die nuwe huurpagwetsontwerp sal voorsiening maak vir die vestiging van agri-dorpies om volhoubare nedersettings vir plaasinwoners te skep;

* Die skepping van ’n grondregte-bestuursraad wat die agri-nedersettings sal reguleer, asook regs- en bemiddelingsteun aan plaaswerkers en -inwoners verskaf; en

* ’n Nuwe groenskrif oor grondhervorming sal drie vorms van herverspreiding daarstel. Eerstens sal staatsgrond verhuur word, tweedens sal daar vrypag wees met beperkings op hoeveel grond ’n mens of ’n maatskappy kan besit, en derdens sal ’n nuwe vorm van grondbesit vir buitelanders ontstaan.

“Dit beteken grondeienaarskap kan teruggaan na die staat toe indien hulle (buitelanders) nie aan sekere verpligtinge voldoen nie,” het Zuma gesê.

Hy het bygevoeg die regering het sedert 1994 op die mark staatgemaak om te bepaal watter grond hy aankoop vir herverspreiding en teen watter prys.

“Daarmee het ons die regering effektief tot ’n prysnemer gereduseer. Dit het die regering ook aan allerhande soorte gevare in die grondwaardeketting blootgestel, insluitend moontlike samespanning en bedrog,” het Zuma gesê.

Ná ’n ondersoek is drie amptenare en ’n vierde mens van bedrog en korrupsie aangekla.

“Grondhervorming is ’n dringende saak, maar dit vereis versigtigheid en raadpleging en dit moet binne die perke van die Grondwet gedoen word,” het Zuma gesê.

Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, het ’n week gelede geëis dat die Grondwet gewysig word sodat grondonteiening sonder vergoeding deurgevoer kan word.

Theo de Jager, vise-president van Agri SA belas met grondsake, het gesê die nuwe instellings kan slaag afhangende van hoe dit toegepas word.

“Die skepping van ’n waardeerder-generaal is ’n refleksie op die bestaande stelsel van grondwaardeerders. Die probleem daarmee is dat die regering nooit deursigtig wou wees in sy aankoop van grond vir herverspreiding nie. Dit sal die omvang van korrupsie dramaties verminder as almal weet hoeveel die staat bereid is om vir grond te betaal,” het De Jager gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: jacob zuma  |  cosatu  |  grondhervorming

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.