Boere ontsteld oor soldate se 'Uhuru'

2010-05-25 13:32
Tweets Share Share line Print

Charles Smith, Volksblad

Bloemfontein - Boere in die omgewing van De Brug buite Bloemfontein is ontsteld oor die woord “uhuru” wat deur soldate teen ’n koppie reg langs die N8-hoofpad met klippe uitgepak en wit geverf is.

Die gevoel is dat dit ’n politiek gelaaide woord is en veral ná die moord op Eugene Terre’Blanche, die AWB-leier, was dit ’n slegte tyd vir die weermag om dit toe te laat.

“Uhuru” beteken “vryheid” in Swahili, maar word in regse kringe verbind met die mite “die nag van die lang messe”, waar swartes glo ná die dood van oudpres. Nelson Mandela wittes sal aanval.

Die woord is Vrydag deur soldate van 14SA Infanteriebataljon van Umtata teen die koppie uitgepak nadat hulle met weermagvoertuie aangery is. Die eenheid word vandeesweek vir ’n vredesending na die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ontplooi. Hulle word van De Brug af uitgeplaas.

Hoewel in weermagkringe gesê word dit is die eenheid se tradisie om dié woord in ’n spanbousessie uit te pak, kan nie gesê word hoekom dit die woord “uhuru” moet wees nie.

Volksblad verneem kol. Khotso Mpiwa, die basis se bevelvoerder, het die naampakkery goedgekeur en self gesê dat die verf en kwaste aan die 14SAI-soldate gegee word. Hy het gisteraand gesê ’n amptelike verklaring sal spoedig hieroor uitgereik word.

Die woord is sowat twee jaar gelede ook teen ’n koppie wes van die basis uitgepak, maar dit was op private grond en is ná 14SAI se vertrek deur lede van die basis afgebreek omdat dit as haatspraak beskou kon word. Min mense kon dit toe sien.

Piet Ferreira, landbouleier verantwoordelik vir veiligheid in die gebied, het gesê in die lig van die SMS op Vryheidsdag, waarin gewaarsku is oor ’n aanval op wittes, is dié voorval kommerwekkend.

“Die SMS het geblyk ’n klomp nonsens te wees. Maar daarna en ook met die mite van die nag van die lang messe, word nou op ’n militêre terrein die woord ‘uhuru’ geskryf. In die lig van dié politiek sensitiewe goed, laat dit ons baie ongemaklik.”

Ferreira het gesê hy gaan die kwessie vir seker met die weermag opneem en vra dat die klipstapel verwyder word. Hy kon nie gister die bevelvoerder in die hande kry nie.

P.W. de Vos, ’n boer betrokke by die plaaswag, sê by De Brug is geen veiligheidsprobleme nie, maar die gemoedere word onnodig met die woord opgejaag.

Die tyd is nou verkeerd om dit te doen.

Doep du Plessis, leier van die Suidlanders in die Vrystaat, het by navraag bevestig die woord “uhuru” word deur hulle verbind met “totale vryheid”, die nag van die lang messe en operasie Iron Eagle, wat glo dieselfde sou beteken.
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: uhuru  |  rassisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
82 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Danie sê... "Kan" daar waar die "wil" ontbreek! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Technical Consultant/Developer – ISV

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R300000 - R550000

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MINI

COOPER S CONVERTIBLE
2006
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2005
R 94,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.