Boere 'magteloos'

2012-01-24 08:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die splinternuwe grensheining wat Vrystaatse boere aan die grens met Lesotho oprig, word feitlik oornag deur stropers vernietig.

Vrystaat Landbou (VL) het pas ’n hofaansoek ingedien waarin hy vra dat die regering aan minagting van die hof skuldig bevind moet word omdat hy sy pligte langs die grens versuim.

Luidens ’n skikking in Junie 2010 tussen VL en die regering sal ’n nuwe grensheining opgerig, die grenspad herstel word en die polisie die grens patrolleer. Dié ooreenkoms is ’n bevel van die hof gemaak. VL voer nou aan die regering kom dit nie na nie.

Stef Buys, ’n boer van die plaas Seville naby Wepener, sê sowat die helfte van die 8km lange lemmetjiesdraadheining van R30 000 wat hy op sy plaas opgerig het, is vernietig. Buys en ander boere sê hulle is magteloos.

Hiermee saam sou die regering ook die grenspad van sowat 487 km herstel en die grens beveilig. Net sowat 50 km van die pad is egter herstel, sê Cobus Breytenbach, voorsitter van VL se veiligheidskomitee.

“Hoewel die regering sekere aspekte van die oorspronklike skikking nagekom het, kom hulle nie hul verantwoordelikheid na om die grensboere te beveilig nie.

“Hulle het wel die heining gespan, maar dit help nie jy span net die draad, maar beveilig dit nie.”

Buys sê hy en ander boere is raadop. “Ons het nou private veiligheidswagte aangestel, want ons het lanklaas die weermag gesien patrolleer.” Die veiligheidswagte jaag hom sowat R25 000 per maand uit die sak.

Boere sê Lesotho-burgers vernietig weekliks grensheinings om hul vee onwettig in Suid-Afrika te laat wei, of hulle steel groot hoeveelhede weiding.

Die weermag het verlede jaar by die polisie oorgeneem op die grens en het belowe sake sal verbeter. “Dit was net ’n gepraat. Ons sien nooit hul patrollies nie. En om hierdie probleem te keer sal jy elke paar meter iemand moet hê,” sê Buys.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: boere  |  stropers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.