Boere, maak ’n plan vir werkskep, vra Patel

2011-02-23 08:52
Tweets Share Share line Print

Somerset-Wes. – Die uitdrukking “ ’n boer maak ’n plan” het die boerderygemeenskap nog altyd goed omskryf en daarom wil die regering hê die land se wit en swart boere moet planne maak om die regering te help om nuwe werkgeleenthede te skep.

So het Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Dinsdagmiddag hier op Agri SA se konferensie gesê.

Dele van sy toespraak was in Afrikaans.

Hy het ’n beroep op boere gedoen om in ’n vennootskap met die regering saam te werk en te help om die land te ontwikkel.

Die afgelope tien jaar het 400 000 werkgeleenthede in die landbousektor verlore gegaan.

Patel het gesê die regering sal in die volgende paar maande met Agri SA-leiers vergader oor praktiese maniere om gestalte te gee aan die samewerking tussen die regering en die boere.

Daar moet onder meer maniere gevind word hoe om kos goedkoper te produseer, kleinboere deel te maak van die hoofstroom-landbou en die werkomstandighede te verbeter van mense in die landbousektor.

Die minister het gesê grondhervormingsmodelle moet ook ontwikkel word wat sal verseker dat kleinboere hul produkte mededingend kan bemark.

“Aan die ander kant is ons gretig om met kommersiële boere saam te werk om die onnodige koste weens transformasie te verminder.

“Dit sluit in die vertragings in lisensiëring van water en grondeise,” het Patel gesê.

“Ons ondersteun ook hoër produktiwiteit deur die verbetering van infrastruktuur, finansiering en bemarking. Maar ons kan nie die een of die ander doen nie.

“Ons het ’n kombinasie nodig wat groei, beleggings in die landbousektor, produksie en uitvoer steun, terwyl ons voortdurend die lewensbestaan verbeter van die oorgrote meerderheid mense in die bedryf,” het Patel gesê

“Ons het meer beleggings in die landbou nodig om werk te skep en markte om ons produkte te verkoop.”

Die regering sal help om die regte beleggingsklimaat te skep.

Dit sal onder meer gebeur deur toe te sien dat grondhervorming op ’n ordelike manier gebeur, dit volgens die oppergesag van die reg geskied en mense wat van hul grond afstand moet doen behoorlik daarvoor vergoed word.

Salam Abram, veteraan-parlementslid van die ANC, het aan Patel gesê hy het saam met die Afrikaners grootgeword: “Kyk, minister, die Afrikaner kan bedonnerd wees, maar aan die anderkant ook grootmoedig.

“Kry hulle aan jou kant.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: boere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
42 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manual Tester

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R20000 - R23000

Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R35000

Senior Java Developer

Cape Town N Suburbs
Hire Resolve
R35000 - R45000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.