Boere maak hul harte oop
2010-01-28 15:41
Kaapstad - Die Melkprodusente-organisasie (MPO) in die Vrystaat sê hulle het die afgelope twee weke sowat 700 ton se ruvoer-skenkings ontvang vir droogtegeteisterde boere in die Oos- en Wes-Kaap.
Koos Pienaar, voorsitter van die MPO in dié provinsie, sê hulle inisiatief word goed ondersteun en verskeie skenkings is al gemaak.
“ ‘n Predikant van Hennenman het my onlangs gebel en gesê sy gemeente is van plan om tot die skenkings by te dra. Tot pensionarisse bel my en sê hulle het nie baie ruvoer nie, maar hulle wil iets gee”.
Pienaar meen aangesien die boere vanuit die Kaap, boere in die sentrale en noordelike dele tydens die droogte in 1991 en 1992 bygestaan het, wil hulle die guns terugbewys.
Lees meer op landbou.com.