Boere kla hul ly skade oor riool in rivier

2010-09-10 08:08
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die Tshwane-metroraad sê hy weet nie daarvan dat rioolwater by die Rooiwal-rioolwerke, noord van Pretoria, in die Apiesrivier vloei nie.

Boere in dié omgewing voer aan dat rioolwater die laaste paar maande by die aanleg in die rivier loop.

’n Amptenaar by Rooiwal het vandeesweek aan Beeld bevestig dit gebeur “van tyd tot tyd”, gewoonlik wanneer een van die pompe onklaar raak.

“Ons het dan net te veel riool en het geen ander keuse nie.”

Boere beweer van hul varke en hoenders het die afgelope ruk weens die water gevrek.

Meer as 500ha is in dié distrik onder besproeiing.

Daar was ’n onaangename reuk naby die rivier by Beeld se besoek vandeesweek.

Tessa Ernest, Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir landbou en omgewingsbestuur, sê sy is nie bewus van enige probleme by Rooiwal nie.

Nico Struwig, ’n boer wat ’n kontrak het om ’n sekere kwota groente aan ’n bekende maatskappy te lewer, sê die gehalte van die rivier se water kwel boere in die omgewing baie.

Struwig sê sy besproeiingspomp wat water na sy lande pomp, verstop gereeld weens die “suiwer riool”.

“As ek nie water het nie, staan my boerdery stil. As jou diere begin vrek en jy ly skade, is daar groot probleme.”

Volgens Struwig, wat daagliks met die water in aanraking kom wanneer hy sproeiers herstel, sweer stukkende plekkies aan sy hande die laaste ruk en vat lank om gesond te word.

“Wat nog meer kommerwekkend is, is die gedagte dat die Apies verder af deur Hammanskraal vloei, waar kinders in die somer daarvan hou om in die rivier te swem.”

Hannes Coetzee sê visse het ’n ruk gelede op ’n streep in ’n dam op sy hoewe gevrek.

Hy vermoed dit is weens die rivier se besoedelde water.

Walter Leibrandt, ’n groenteboer digby die rioolwerke, sê sy plaas kry Tshwane “se gemors heel eerste”.

“Ons pompe gee gereeld moeilikheid weens die riool wat in die rivier afkom.”

Ernest het gesê sy sal probeer vasstel of daar wel probleme by die rioolwerke is, maar kon teen druktyd nie weer vir kommentaar bereik word nie.

- Beeld

Lees meer oor: natuur  |  gesondheid  |  boere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.