Boere kan tronk toe as ANC sin kry

2012-02-05 07:57
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Boere wat arbeidswetgewing verontagsaam, kan binnekort tronk toe gaan as die ANC sy sin kry.

Wanneer vier stukke arbeidswetgewing later vanjaar in die parlement ter tafel gelê word, sal klousules oor oortredings en strawwe oor die nie-nakoming van bepalings en regulasies strafregtelike vervolging insluit.

Elleck Nchabeleng, ANC-voorsitter van die portefeuljekomitee oor arbeid, het aan Rapport gesê die presiese strawwe sal gedurende die openbare verhore en beraadslagingsproses van die wetgewing vasgestel word. Dit kan boetes of tronkstraf insluit, afhangende van die oortreding.

Dit kom nadat die parlementêre komitee 21 plase in die Wes-Kaap besoek en by vier haglike blyplekke aangetref het waar veiligheidsmaatreëls ook nie toegepas is nie.

“Die nuwe arbeidswetgewing móét eenvoudig strenger wees en meer magte aan arbeidsinspekteurs gee.

“Ons het die kwessie al in die ANC bespreek en die gevoel is dat boere wat nie hul kant bring nie, vervolg moet word,” het hy gesê.

Nchabeleng het Dinsdag op ’n mediakonferensie by die parlement gesê die komitee wil oortredings kriminaliseer.

Vir dr. Theo de Jager, adjunkhoof van Agri SA, beteken kriminalisering van oortredings een ding: Boere gaan toenemend kies om te meganiseer.

“Dit verg baie moeite om seker te maak jy voldoen aan die regulasies. Dis amper onmoontlik vir ’n klein familieplaas om behoorlike administrasie te doen.

“Kriminaliseer ’n mens oortredings, gaan jy boere kry wat bloot ontslae gaan raak van hul werkers.  Dus sal werkloosheid en armoede op die platteland toeneem,” het hy aan Rapport gesê.

Die wysigingswetgewing is sedert verlede jaar by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac), waar onderhandelings oor vier van die ses temas tot dusver stadig gevorder het.

Een van die temas is nakoming en toepassing van arbeidsregulasies, en die huidige debat gaan juis oor “die magte van die arbeidsinspekteurs”.

Annelize Crosby, Agri SA se regsverteenwoordiger, het aan Rapport gesê boere wat hulle skuldig maak aan menseregtevergrype, kan reeds strafregtelik vervolg word.

Daar is dié week berig die plaaswerkers wat van die moord op Eugène Terre’Blanche aangekla word, het in “’n varkhok” gebly en is minder as die minimum loon vir plaaswerkers betaal.

“Ons het gehoop die departement sal kies om ’n pad te stap met boere en om hulle te help om beter administrasie onder die knie te kry,” het Crosby gesê.

Die vier stukke wetgewing onder die loep is die wette oor basiese diensvoorwaardes, arbeidsverhoudinge, billike indiensneming en die nuwe wetsontwerp oor arbeidsmakelaars.

Musa Zondi, ministeriële woordvoerder van Mildred Oliphant, het by navraag gesê die minister het die onderhandelaars laat verstaan sy wil die wetgewing voor April parlement toe stuur.

Die parlementêre portefeulje­komitee oor arbeid het verlede week 21 plase in die Wes-Kaap besoek. Op vier plase is die volgende aangetref:

* Nalatige hantering van chemikalieë en in sekere gevalle ook geen beskermende drag vir die werkers nie.
* Huise val uitmekaar en sommige het geen ventilasie nie. In een geval woon werkers in ou skeepsvraghouers wat net ’n deuropening het.
* Toilette word nie onderhou nie en is verstop.
* Kleutersorg het nie toiletgeriewe vir die kleingoed nie en ook nie ventilasie nie.
* Vervalle dakke en huise wat oor die algemeen onveilig is.
* Oop kragdrade in huise.
* Boere wat nie minimum lone betaal nie.
* Werknemers sonder ’n bestuurderslisensie wat plaasvoertuie bestuur.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: landbou  |  arbeidswetgewing  |  boere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.