Boere kan nie teen aanvalle gewaarsku word – Agri SA

2011-08-07 06:44
Tweets Share Share line Print

Die gebrek aan betroubare, amptelike statistieke oor plaasmoorde maak dit onmoontlik vir boere om tendense en die ware omvang van die probleem te peil.

So het Kobus Visser, Agri SA se direkteur van korporatiewe skakeling, gesê.

“Ons kan ons lede ook nie oor brandpunte waarsku nie.”

Die land is geruk deur ’n vlaag van grusame plaasmoorde die laaste tyd in die Vrystaat.

Dit sluit in die moorde op die Potgieter-gesin, ­Attie, Wilna en Wilmientjie, in Desember 2010 naby Lindley; Helgard Muller in Januarie op sy plaas naby Frankfort en die afgelope week is Thinus Uitenweerde in ’n vlak graf gegooi en gestenig. Sy verlamde vrou en bejaarde ma is ook aangeval.

Pieter Groenewald, parlementslid van die VF+, het gesê plaasmoorde word nie afsonderlik aangedui nie, maar bloot as “’n moord” deur die polisie aangeteken.

Plaasaanvalle word volgens hom as “gewapende rooftogte” aangedui.

Die nasionale kantoor van die polisie het teen druktyd nog nie die stelsel aan Rapport verduidelik nie.

TLU SA maak op sy lede en die media staat om sy statistieke by te werk.

“Dit kan baie meer wees, maar beslis nie minder nie,” het Henk van de Graaf, assistent-hoofbestuurder van TLU SA, gesê.

TLU SA se statistieke vir die jaar sover toon 42 aanvalle op plase landwyd waarin 25 mense vermoor is.

Dit is minder as verlede jaar toe daar volgens die TLU SA se syfers van Januarie tot Augustus 83 aanvalle was waarin 47 mense dood is.

Chris van Zyl, TLU SA se hoof van landelike veiligheid, het gesê dié statistieke is konserwatief.

“Daar is gebiede waar ons nie lede het nie en as die media nie daaroor berig nie, kom ons nooit te hore van aanvalle nie.”
Hy is skepties oor die daling in die statistieke: “Die jaar is nog nie verby nie...”

André Botha, Agri SA se voorsitter van landelike veiligheid, het gesê hoewel die statistieke nie noodwendig akkuraat is nie, skryf hy die afname toe aan die “politieke wil” van mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie. “Daar is ’n beleid ontwikkel en ’n strategie ingestel.”

Botha het gesê Mthethwa het die leiding geneem en die polisie het nou verantwoordelikheid aanvaar vir die veiligheid in landelike gebiede.

Hy is bekommerd oor die wreedaardigheid van die moorde.

Van Zyl het dit beaam: “Die manier waarop ’n slagoffer vermoor word, dra ’n eie boodskap.

“Dis die ergste mate van wreedheid.”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: agri sa  |  plaasmoorde  |  plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Dis altyd vir my so snaaks om te lees hoe die bestuurder 'beheer oor die voertuig verloor het en in die baan vir aankomende verkeer beland het". Vir my klink dit asof die taxi gewoonweg net by 'n voertuig verbygegaan het en toe in die baan vir aankomende verkeer beland het. Uiteraard het ek geen bewyse vir my stelling nie... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.