‘Boere ís nie betrokke genoeg’

2010-04-22 08:03
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp, Volksblad

Kaapstad – AgriSA het Woensdag erken kommersiële boere se betrokkenheid by die polisie se landelike beveiligingsplan skiet ver te kort.

Johannes Möller, president van AgriSA, het ook toegegee hy “kan nie met oortuiging” sê dat geen boer ooit onwettige immigrante in diens neem nie.

“Maar ek kan wel met ’n geruste hart verklaar dis die absolute uitsondering.”

Dié organisasie en TLU SA het egter kategories ontken dat hul lede plaaswerkers mishandel of aan hulle drank verkoop – aantygings wat ANC-parlementslede Dinsdag op ’n vergadering oor plaasveiligheid gedoen het.

Volgens Mike Bolhuis, ’n private ondersoeker wat op ’n hoewe in die misdaadgeteisterde Kameeldrift-omgewing, noordoos van Pretoria, woon, is die ANC se standpunt dat landelike inwoners tot die onveilige situasie bydra “nie heeltemal verkeerd nie”.

“Die ANC het ’n teer punt aangeraak en dit help nie om hieroor te lieg nie,” het Bolhuis gesê. Hy het eerstehandse kennis van kleinhoewe-eienaars wat verbode immigrante as goedkoop arbeid uitbuit en plaaswerkers swak behandel.

Volgens hom is daar ook geen vertroue of samewerking tussen dié gemeenskap en die polisie nie.

“Ons sit met ’n rassistiese kloof tussen die swart polisiemanne en die wit inwoners wat nie hul plaaswerkers en huishulpe (by sektorpolisiëring) wil betrek nie.”

Ook AgriSA sukkel om boere op groot skaal by landelike veiligheid betrokke te kry.

“Ek dink wel dis die een ding waarvoor ons verantwoordelik gehou kan word,” het Möller gesê.

Volgens hom werk sektorpolisiëring in enkele gebiede waar boere die stelsel verstaan.

Die ou kommandostelsel het nie dié leemte gehad nie omdat lede voorheen militêre diensplig verrig het.

Nou moet boere eers opleiding ondergaan voordat hulle hulle as polisiereserviste kan aansluit.

“Ons moet ’n manier vind om dié kundigheid weer in die boeregemeenskap te vestig,” het Möller gesê.

ANC-LP’s se aanname dat hul lede onwettige immigrante in diens neem, is volgens hom egter onverantwoordelik.

“Ek kan nie met oortuiging sê dat dit nêrens gebeur nie, maar ek kan met ’n geruste hart verklaar dis die absolute uitsondering.”

Möller het volgehou kommersiële boere sal hul plaaswerkers nie mishandel nie.

“Dis dan die einste mense op wie boere moet staatmaak, want g’n boer is voltyds op sy plaas nie.”

TLUSA het op sy beurt verklaar dit is boere wat nie aan georganiseerde landbou behoort nie wat vergrype pleeg.

“Jy gaan van hulle kry (wat plaaswerkers mishandel en verbode immigrante as goedkoop arbeid gebruik).

“Dis hulle wat boere ’n slegte naam gee. Maar ons lede weet wat is die regte en aanvaarde arbeidspraktyke,” het mnr. Ben Marais, president van TLUSA, gesê.

Lees meer oor: mike bolhuis  |  boere  |  agrisa  |  plase  |  landbou

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pierre sê... ANC-DISSIPLINE? Nie moontlik nie, jammer! "Dissipline" kom nie voor in die Zulu, Xosa, Pedi,Sotho,ens. woordeskat nie. Dis 'n westerse woord en gebruik!"Hulle" verstaan nie hierdie dinge nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY96
2002
R 50,000.00

BMW

330i CONVERT SPORT AT (E93)
2011
R 559,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.